Sebastian Coe

Coe in 2021.

Sebastian Newbold Coe, Baron Coe CH KBE (Londen, 29 September 1956) is 'n voormalige Britse atleet, lid van die Konserwatiewe Party en voorsitter van die reëlingskomitee van die Olimpiese Somerspele 2012. Gedurende sy atletiekloopbaan het Coe vier Olimpiese medaljes gewen, twee goue en twee silwer. Hy het agt buitelug- en drie binnenshuise wêreldrekords in die middelafstande verbeter. Hy hou steeds die Europese rekord in die 1000 m. Hy het hierdie rekord van 2:12,18 op 11 Julie 1981 in Oslo gehardloop. In Engelstalige lande word daar dikwels na hom verwys as Lord Coe.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy